Nuwe Dinge (CD)

Neville D

Die titelsnit van hierdie album, “Nuwe dinge” is ’n getuienis van waaroor die CD gaan. Gewilde sanger Neville D vertel hoe die besondere liedjie deur sy lewe soveel mense se lewens geraak het en hulle en homself deur moeilike tye gedra en weer nuwe hoop gegee het.

Die CD spog met 11 tradisionele liedjies wat hy tydens sy kinderjare gesing het en twee nuwes wat hy self geskryf het. Neville D vertel: “Ek wou nog altyd ’n album opneem om my erfenis te vier, waar ek vandaan kom en waar alles begin het. Hierdie album is dus vir my baie spesiaal omdat dit liedjies is wat ek in my kinderjare gesing het en liedjies wat bygedra het tot wie en wat ek vandag is.” 

Wat die album ook besonder maak is die 16 gaskunstenaars wat saam met hom opgeneem het.  Die album is vanaf 20 Oktober 2018 beskikbaar en daarna sal Neville D ook te sien wees met sy “Nuwe Dinge” toer wat op 26 Oktober afskop.